Kitsbank

Persoon wat 'n OTM gebruik.
Sleutelbord vir jou PIN.
'n Debiet- of kredietkaart word benodig om 'n OTM te gebruik.

'n Kitsbank, geldoutomaat of outomatiese tellermasjien (OTM) is 'n toestel wat mense toelaat om kontant uit hulle bankrekeninge te onttrek. Sommige kitsbanke laat ook ander transaksies toe, soos om geld te deponeer, rekeningoorplasings te doen, state en saldobalanse aan te vra, en selfs rekeninge te betaal. Kitsbanke word algemeen voor banke, in winkels en winkelsentrums aangetref.

Mens moet oor 'n debiet- of kredietkaart beskik om 'n kitsbank te kan gebruik. Nadat die kaart in die masjien ingestoot is, moet 'n persoonlike identifikasienommer (PIN) ingesleutel word, wat jou toegang tot jou rekening bied.

Bedrog vind algemeen by kitsbanke plaas. Mense kan oor jou skouer loer om jou PIN te sien en soms word versteekte kameras opgerig om mense se besonderhede te onderskep. Sodra die skelms jou rekeningnommer en PIN het, kan hulle geld uit jou rekening steel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search